Follow

bandwagon

bieg

bloed

dood

ego

engelsman

galerye

geld

geluk

geseën

hartseer

john cage

julu

kompetisie

kringloop

kunstenaars

liewe jesus

musiek

nou

reën

social media

somme

son

spasie

stories

sweet

trane

tyd

uitgekak

verdomp

wens

werk

Please reload

Search By Tags

Die “Lone genius” myth.

October 16, 2014

Hier is ek weer.

October 14, 2014

Tussen die boom en die bas.

April 3, 2014

Rain rain please stay.

March 4, 2014

Skielik is daar n titseltjie meer tyd.

February 20, 2014

Stories

January 29, 2014

Die woorde ontgaan my weer.

January 21, 2014

En daar is die vakansie verby.

January 10, 2014

Alles is weg.

December 9, 2013

Het ek genoem my familie is ongelooflik?

November 29, 2013

Please reload

Recent Posts

Hier is ek weer.

October 14, 2014

Tussen die boom en die bas.

April 3, 2014

Die “Lone genius” myth.

October 16, 2014

1/3
Please reload

Featured Posts

Waar was ek?

Kunstenaars en hul egos. EK is deel van hulle, ja. Massiewe groot ego. Maar kunstenaars moet dit he, anders sal hul nerens in die wereld kom nie.

 

Ek het gister na Jenna Burchell se werk gaan kyk by die Ithuba uitstalling waarvoor  ek ook vroer die jaar ingeskryf het maar nie aanvaar was nie. Ek het ‘n ‘3 piece’ werk voorgele wat 'n public artwork voorgestel het met n video en painting wat gebasseer is op die public artwork.

 

Dit was nie aanvaar nie en wonder nogsteeds hoekom. Ek het dit so goed gedoen. Dis nogsteeds ‘n goeie werk. Ek dink. Mens huiwer altyd.

 

Jenna se werk is ongelooflik. Sy is een kunstenaar waarop ek ongelooflik jaloers is. Sy het ‘n absolute visie en is ver voor enige ander jong kunstenaars wat ek ken in Suid Afrika. Haar werk is op internationale standaard en dalk nog bo dit. Ek moet bieg. Die werk waarmee sy opgekom het is iets wat my of geinspireer het of iets in my wakker gemaak wat ek nog altyd in my werk wil deurgee. Dis iets. Ek weet nognie wat nie. Daar is elemente van klank wat ekko wanneer mens aan die dun koper draadjies vat. Die audience word absoluut ingetrek en neem ook deel aan hierdie “alomteenwoordige” instrument.  Die werk gaan volgende jaar Grahamstown festival toe. Ek is jaloers.

 

 

Ek het gister n press release ontvang vir die Fringe festival. Ek wou vir die main programme inskryf maar dit was nie n goeie tyd nie. Hoe gaan dit lyk as sy op die main program is en ek nou op die Fringe? Dis nie nice nie. Ja die ego.

 

Ek het n vinnige conversation met haar gehad oor werk wat ek voorheen al wou doen met musiek komponiste. Sy ken Jacob Israel. Ek is groen. Sy ken nie vir Maxence Cyrin nie... ek voel beter. Nie dat ek vir Maxence persoonlik ken nie.

 

Haar werk is geinspireer deur John Cage, sy’t n oomblik gewag vir my om te reageer. Die oomblik wat sy seker gewonder het of ek vir John Cage ken.

 

Natuurlik ken ek John Cage, ek het AL die musiek plekke in Johannesburg plat geloop om een spesifieke cd van hom te koop, as ek nou reg onthou. Dit was seker in 2010 toe ek begin dink het aan video werk. Dit sit nog in my kop vas, dit is soooooo verskriklik mooi. Ek het nie die cd gevind nie, maar dit op Amazon gevind vir n belaglike prys. Ek het nie geld gehad nie maar ek het wel die You Tube video oor en oor en oor geluister...daai spesifieke liedjie sit nog in my kop vas. Ding ding....ding. nee ek kan dit nie skryf nie.

 

Dis seker wat die iets is, die gevoel wat John Cage deurgee. NEE. Nee nee nee... waar is die koerant? Julu breek my aandag.

 

Na John Cage het ek fascinated geword met composers wat vir film komposeer. (Ek was eintlik nog altyd fascinated met film musiek dis net noueers wat ek dit admit) Soos wats sy naam, uuummmmm.... ek sal net nou O, Hans Zimmerman of Zimmelman of Hanz. Maar Hanz skryf baie dramaties. Hy’t vir die Gladiator geskryf, waarvan ek nie so baie gehou het nie maar daar het hier en daar iets opgekom wat nogals wonderlik was. Dis hoe ek op Maxence afgekom het. Mens sien nie so baie van een composer se musiek soos Hanz sin nie. Hy is maar seker bekend vir skryf in LA, dus nader almal hom. Maar iemand soos Maxence, dammit.

 

 

Dan is daar die Chinese composer, nee nie wats haar naam nie. Dammit man, ek het dan net laasmaand op sy musiek afgekom en nou weet ek nie waar in my bookmarks ek dit gestoor het nie. Ek sal dit kry. Dalk word iets van dit as ek weer soek. Dis mos hoe dit werk. Soek en jy sal vind. Maar met my...soek en jy sal ontvang.  

 

 

 

 

 

 

 

Ek is wel tans besig om aan ‘n animated video installasie te werk. Vir my eerste uitstalling van die drie. Ja dalk is dit nou n goeie geleentheid om dit op papier te sit. Ek het reeds vir Joao genader. Ek wil mos al lankal met n composer collaborate.

 

 

Dammit, Jenna is een voor my.

 

 

Nie dat my werk enigsens soos hare lyk of gaan lyk nie. Dis net... sy het reeds dit daar buite gesit. Dit wat ek graag eerste wou doen. Die donerse ego. Ek gaan dit inelkgeval doen, dit gaan net in n jaar van nou gebeur. Ek wens mens kon iets opdink en dan POP is dit daar! Dan sal ek ver voor almal wees. Kompitiese is n lelike ding.

 

 

En gesond.

 

 

Maar tog is ons almal uniek, ek het dit ook onlangs besef. As jy dit van jou-unieke-self laat kom. Die hart se hart se hart se hart, dan sal dit goed wees.

 

 

 

 

 

Goed vir jouself.

 

 

 

 

 

Ek kom sopas terug vanaf Lizamore & Assoc waar ons die laaste kunstenaars wat aan die New Voices uitstalling gaan deelneem gesien het. Ek is opgewonde maar bang, ‘n stukkie van my siel gaan ook op uitstal wees. Om n kurator te wees is soos om n kunstenaar te wees, die verskil is net dat jy ander kunstenaars gebruik as instrumente om een gedagte te vorm.

 

Ek stap verby twee ander gallerye voor ek by Artspace inloop. Kyk vlugtig deur die vensters. ALMAL gebruik nou bome in hul werk. Dis asof almal skielik na die selfde ding kyk. Of dalk het almal natuurlik nouweer op die “bandwagon” gespring. Ai... ek wil nie bome verf nie.

 

 

 

 

 

 

Ek geniet dit om meer tyd te he vir my werk. Mens sal dink my werk is om te skryf soos wat ek hier sit. Maar dit is mos my werk.

 

 

 

Dat ek gaan werk. 

 

 

 

- 8 November

2013

 

 

Tags:

john cage

werk

ego

kompetisie

bandwagon

musiek

kunstenaars

Please reload

  • Facebook Globe
  • Twitter Globe
  • LinkedIn Globe
  • Blogger Globe
Ronél de Jager visual artist logo, curatorial assitant, art project manager, public art, installation art, South African artist, Johannesburg based
  • HOME

  • ABOUT

  • ARTWORKS

  • EXHIBITIONS

  • NEWS

  • CONTACT

  • More

    © Copyright 2019 Ronél de Jager. All Rights Reserved.

    • Facebook - White Circle
    • Twitter - White Circle
    • Instagram - White Circle
    Subscribe to mailing list
    Subscribe to mailing list
    Subscribe to mailing list