Follow
Search By Tags
October 16, 2014
October 14, 2014
April 3, 2014
March 4, 2014
February 20, 2014
January 29, 2014
January 21, 2014
January 10, 2014
December 9, 2013
November 29, 2013
Recent Posts
Featured Posts
Sondag.
Dis my tweede koppie koffie vir die oggend. Ek moet seker eet.
Ek het darm waatlemoen vir myself gekoop, gewoonlik kry ek die koerant ook, maar hier is niemand om dit te lees nie...die gewoontes van ‘n Sondag.
Ek moes seker kerk toe gegaan het.
En net gister sien ek twee Jews met hul kappa’s op. Heel trots. En soos ek my Facebook page gister update vang iets my oog...SA Art Times het ‘n “like” minder op hul page... seker oor die comment wat hul die week gepost het ...shit waar is daai post!...hulle moes dit seker delete het. Het dit: “Murmuration - a beautiful ballet performed by birds. - God and his creation in collaboration”. Toe ek dit gesien het was daar so 7 likes en 5 comments wat gelyk het asof die storie weer in een hengse tabakel (woord wat nie in die woordeboek genoem word) gaan afloop... die comments is nou 37, 241 shares en 533 likes. So dit het darm bietjie goeie lig ontvang. Nice.
GOD – Good, Orderly, Direction soos “The Artist Way” dit sal stel. Ek hou daarvan. So bly mens weg van religious politics in die kuns wereld. Hou maar almal tevrede en trap op niemand se tone nie.
Ek vind dit bietjie unfair tough, dis mos n free world, say and do whatever you like. Ha! Nie so maklik nie! Maar party kunstenaars kry dit wel reg... subtiele boodskappies wat God se stempel dra. Dis seker maar die “versigtiger” opsie om dit te doen... gee dit die naam van Natuur of Kuns, dan sal jy daarmee wegkom... nie eers creation nie. HA!
O-o ek moet versigtig wees. Ek weet, jy weet Ronél. Die is nie 'n gesprek vir almal nie. En ek hou nie van debateer nie. Ek debateer net met myself in my kop. So kom ons los dit daar.
Die kerk klok lui...kom kerk toe, kom kerk toe...
Soos my pa altyd sê, hê respek vir ander gelowe en jy sal dit terug ontvang.
https://www.facebook.com/photo.php?fbid=608541092516117&set=a.193854140651483.40138.193852600651637&type=1&theater
Almal vermy die gesprek van Godsdiens.
Ja-wat. Kuns en God. Nog n moeilike een. Dis nog een wat mens nie somer noem in dié industrie nie...en (ek weet) ‘n paar kunstenaars sal somer dadelik saam stem. Want vir party is God non-existent, en dis hartseer.
Ek moes dit inpas.
On the up-side... die geluide buite my studio wrommel van helikopters en karre wat verby my venster waai. Dis die 94.7 of is dit nou die momentum? Cycle challenge vandag. Ek en Julu het netnou n draai gaan stap. Dis so lekker om in Jan Smuts straat af te loop en te weet 'n kar gaan jou nie omry nie. Die klank van zzzzzzz...duisende fietse wat verby jou ore waai, soos sonbesies in die wildtuin. En die hier en daar fietsryer wat vir ‘n goeie cause ry. Maak my hart glimlag.
Die Sondag gevoel. Dis ‘n goeie een.
Ek het nog nooit 'n begeerte gehad om aan dit deel te neem nie, unlike baie van my vriende. Ek het nog nooit 'n begeerte gehad om aan enige iets physically challenging deel te neem nie. Soos die Comrads of bungee. My liggaam is nie daartoe instaat nie, wel nie op die oomblik nie. Dalk toe ek ‘n akrobaat was. Ek weet ek moet meer oefening doen. My “extreme” is dans. Vir die tye wat ek wel lus is vir oefening, dans ek. Of yoga. My liggaam is meer flexible as gespierd. :) Ek sien Claire Roussell oefen iets soortgelyks. Ek wonder wat sy beplan. Seker ‘n performance piece. Ek is jaloers. Of is ek. Nee nie eintlik nie.
Ek was nog altyd n goeie danser. Wanneer niemand vir my kyk nie. En dan praat ek nie van sokkie of trap-trap dans nie. Contemporary dancing. En die lyf, glo dit of nie, kan dit steeds doen. Maak nie saak hoe styf ek is nie. ‘n Goeie klavier ballade warm my vinnig op. Dit klink af.
Ek het ‘n ongelooflike vrees vir ‘n audience, in alle vorme. Hetsy dit in 'n gesprek is, media (wat ek vinnig oor moet kom) of performance. Ek vermy liewers die interaction van oë en ore. Dit laat my cringe. Ek wonder hoekom.
Daar is fietjies kleine fietjies in my tuintjie...stall.
Ek het altyd verhoog vrees gehad as ek moes optree in n konsert of akrobaat dans. Ek was bleddie goed daarmee, maar shit, sit my op 'n verhoog en ek vries. Net daar. Vergeet my woorde. Vergeet my dans. Doen die dans sommer na n anderkant as na die audience. Die brein van my. Waar kom dit vandaan. Ek figure baie goed uit maar die een is nog ver van die lig.
Ek gaan baie vinnig oor die vrees moet kom, en dit het ek al lankal besef. As kunstenaar moet mens walkabouts doen, met die versamellaars praat, asook met die media. Jy moet jouself so goed kan verduidelik in woorde. Asof die werk nie alreeds vanselfsprekend genoeg is nie. Jy moet artist’s statements skryf. Jou biografie. En dit alles met lof aan jou werk en jouself. Wat 'n kontrasterende kombinasie. Visuele kunste.
Dis ‘n kuns om jouself te verwoord in die industrie. Ek leer maar nog. En vind dit doners moeilik. O – jy mag nie sê dis moeilik nie. Dis 'n MOET. Ek vind dit steeds vreemd. Dat ek nou ‘n werk daar buite moet gaan sit wat vir homself moet praat. En dan moet ek dit nog gaan verduidelik ook. En nie verduidelik sodat die algemene gehoor dit kan verstaan nie. Nee, sodat die geleerde kunskenners dit kan verstaan. Die intellektuele kunskenners, wat doners goed is om kunswerke te kan ontleed! Maar dan se hul, hul wil weet wat die “kunstenaar” se motivering agter die werk is...As jy jou huiswerk gedoen het en die kunstenaar se werk gevolg het, sal jy mos nou weet wat die motivering is! Deksels.
Ek wil graag 'n engelsman hoor "DEKSELS" sê.
Die kuns om gedagtes in woorde te verdraai. Baie keer word dit misreken. 'n Dekselse moeilike een as jy my vra.
Nog 'n sensitiewe saak.
Die tone. Die tone. My tone ook dammit!
Practice what you preach!...Toe ek in die gallery gewerk het, moes ons altyd ‘n artist statement van die kunstenaars vra, dis plein kommen professional practice vir ‘n kunstenaar om ‘n artist statement te skryf. Soos wat dit plein kommen professional practice is om jouself te bemark (dis nou as jy nognie die gallery opsie het nie). Nie dat ons dom is nie. Dis net die professie van die industrie. Ek moes al met n paar goed vrede maak. En so gaan ek ook oor my vrese moet kom en die faudience face. Ek hoop ek gaan dit regkry. Put a smile on your face and do it.
Ja, Woorde Ontgaan my wel.
Ek EK EK, ek ek
In alle vorme. Woorde, ontgaan.
- 17 November 2013
2013
11:13 am


